top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Engelse beleef terugslag in aanloop tot Ses Nasies

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 9, 2025
1 min read

Engeland het ‘n terugslag beleef kort voor die afskop van vanjaar se Ses Nasies-rugbyreeks. Die vleuel Immanuel Feyi-Waboso gaan die reeks misloop weens ‘n skouerbesering. Hy het sy skouer ontwrig in ‘n Engelse Premierskap wedstryd vir die Exeter Chiefs teen die Sale Sharks. Die 22-jarige sal ‘n operasie ondergaan en gaan vir ten minste drie maande buite aksie wees. Die 2025 Ses Nasies-reeks skop op 31 Januarie af, met Frankryk wat gasheer sal speel vir Wallis, terwyl Engeland hulle veldtog teen Ierland afskop op 1 Februarie.

 
 
 

Comments


bottom of page