top of page

RUGBY: Engelse beleef terugslag in aanloop tot Ses Nasies

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 9
  • 1 min read

Engeland het ‘n terugslag beleef kort voor die afskop van vanjaar se Ses Nasies-rugbyreeks. Die vleuel Immanuel Feyi-Waboso gaan die reeks misloop weens ‘n skouerbesering. Hy het sy skouer ontwrig in ‘n Engelse Premierskap wedstryd vir die Exeter Chiefs teen die Sale Sharks. Die 22-jarige sal ‘n operasie ondergaan en gaan vir ten minste drie maande buite aksie wees. Die 2025 Ses Nasies-reeks skop op 31 Januarie af, met Frankryk wat gasheer sal speel vir Wallis, terwyl Engeland hulle veldtog teen Ierland afskop op 1 Februarie.

 
 
 

Comments


bottom of page