top of page

RUGBY: Etzebeth sal agter die skerms help

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die Sharks-afrigter, John Plumtree, sê Eben Etzebeth is verpletter deur sy skorsing van 12 wedstryde, wat die uitsluiting van aksie op klubvlak tot Maart volgende jaar behels.


Etzebeth het erken dat sy oortreding ‘n rooi kaart regverdig het, maar het volgehou dat dit per ongeluk was, ‘n standpunt wat die dissiplinêre komitee verwerp het voordat die lang skorsing uitgereik is.


Plumtree het sy uittrede na die Toulouse-wedstryd waarin die Sharks met 56-19 verloor het bevestig. Assistent-aftrigter, JP Petersen, sal as tussentydse hoofafrigter intree.


Plumtree het bygevoeg dat Etzebeth betrokke sal bly deur te help met junior en senior afrigtingspligte gedurende sy tyd af van die veld af.


Eben Etzebeth. FOTO: The Athlete
Eben Etzebeth. FOTO: The Athlete

Comments


bottom of page