top of page

RUGBY: Grey Kollege onoorwonne by NextGen skole rugby-toernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 20, 2024
  • 1 min read

Die NextGen-15 Global-skolerugbytoernooi het Woensdag in Bloemfontein tot ‘n einde gekom waar Grey Kollege kon spog met ‘n onoorwonne rekord. Die Vrystaters het in hulle laaste wedstryd teen die Skotse span Strathallan te staan gekom en ‘n gemaklike 43-5 oorwinning verdien. Intussen het die Hoër Landbouskool Oakdale vir Denstone College van Uttoxeter in Engeland ook met 33-7 verslaan terwyl Hamilton-rugbyklub se onder-18 span dit ook kon regkry om ‘n naelskraapse 17-15 oorwinning te behaal het oor Grey Hoërskool.

 
 
 

Comments


bottom of page