RUGBY: Griekwas verras Cheetahs in laaste minute van SABeker-riller in Kimberley
- Armando Pieters

- May 12
- 1 min read
Die Cheetahs het ’n gulde geleentheid verspeel om eerskomende naweek in hul SABeker-halfeindstryd met ’n wen momentum in te gaan nadat hulle Saterdag teen buurman Griekwas met 29 – 31 vasgeval het. Die Vrystaters het die wedstryd so te sê in die sakkie gehad nadat Marco Jansen van Vuren in die 76ste minuut oorgegaan het vir ’n drie. Dit was egter die Poubloues se heelagter Cameron Hufke en plaasvervanger skrumskakel Bobby Alexander wat in die 77ste en 79ste minuut die oorwinning vir die tuisspan kon deurtrek. Griekwas wat die verdedigende kampioen is ontmoet die Cheetahs weer Saterdag in Kimberley terwyl die Boland na Nelspruit reis om die Pumas aan te vat in die ander halfeindstryd.





Comments