top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Griekwas verras Cheetahs in laaste minute van SABeker-riller in Kimberley

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 12, 2025
1 min read

Die Cheetahs het ’n gulde geleentheid verspeel om eerskomende naweek in hul SABeker-halfeindstryd met ’n wen momentum in te gaan nadat hulle Saterdag teen buurman Griekwas met 29 – 31 vasgeval het. Die Vrystaters het die wedstryd so te sê in die sakkie gehad nadat Marco Jansen van Vuren in die 76ste minuut oorgegaan het vir ’n drie. Dit was egter die Poubloues se heelagter Cameron Hufke en plaasvervanger skrumskakel Bobby Alexander wat in die 77ste en 79ste minuut die oorwinning vir die tuisspan kon deurtrek. Griekwas wat die verdedigende kampioen is ontmoet die Cheetahs weer Saterdag in Kimberley terwyl die Boland na Nelspruit reis om die Pumas aan te vat in die ander halfeindstryd.

 
 
 

Comments


bottom of page