top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Haaie en Bulle aan wenkant

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 28, 2024
1 min read

Die Haaie en Bulle was aan die wenkant in die afgelope naweek se VRK-reeks nadat diè twee spanne onderskeidelik met Munster en Benetton kon afreken. Die Haaie het 41 - 24 gewen teen Munster in Durban terwyl die Bulle met 17 -15 deurgeskuur het teen Benetton op hul tuisveld in Treviso. Die Leeus was egter nie opgewasse teen Leinster in die Aviva Stadion nie, en het met 6 – 24 vasgeval terwyl die Stormers in ’n opwindende wedstryd teen die Glasgow Warriors in Stellenbosch met 17 – 28 die onderspit moes delf. Leinster is steeds onoorwonne na ses wedstryde op 29 ligapunte  gevolg deur die Warriors, Bulle en die Leeus onderskeidelik op 23, 19 en 18 punte.

 
 
 

Comments


bottom of page