top of page

RUGBY: Halfeindronde-plekke is op die spel in die naweek se Curriebeker-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 29, 2025
  • 1 min read

Met net twee rondes oor gaan die Carling Curriebeker ‘n beslissende naweek van wedstryde tegemoet wat ‘n duidelike halfeindronde-prentjie sal skets. Die Cheetahs gaan eerste  tande wys vir die Griekwas in die Toyota Stadion Vrydagmiddag. Die hoofafrigter Frans Steyn het ‘n paar veranderinge aangebring aan die span wat die Leeus verlede week geklop het. Hencus van Wyk en Cameron Dawson ruil plekke terwyl John-Kelly Okonkwo sy debuut maak op nommer drie maak. Carel-Jan Coetzee sal binnesenter speel met Marco Janse van Vuren op nommer 13. Victor Sekekete wat in sy 100ste wedstryd speel sal die span aanvoer. Die tweestryd skop 17:00 af en word regstreeks op SuperSport uitgesaai. Saterdag is dit die Leeus teen die Bulle op Ellispark, die Haaie ontvang die Boland Kavaliers in Durban en die Westelike Provinsie ontmoet die Pumas in Kaapstad.

 
 
 

Comments


bottom of page