top of page

RUGBY: Hendrikse vervang Malherbe vir Bokke jaareinde-toer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 30, 2024
  • 1 min read

Die Springbok breier, Rassie Erasmus, het weereens verras toe hy ’n voorspeler met ’n agterspeler vir die Bokke se Europese jaareinde-toer gekies het. Die beseerde vaskopstut Frans Malherbe sal deur die losskakel Jordan Hendrikse vervang word. Hendrikse het vroeër vanjaar in sy eerste en enigste toets die Groen en Goud aangetrek teen Wallis op Twickenham. Erasmus se waarskynlike rede om ’n agterspeler in plaas van ’n voorspeler saam te neem is weens die feit dat Thomas du Toit aan beide kante van die skrum kan sak. Hendrikse het ook ’n verdere regmerkie agter sy naam gekry aangesien die veelsydige speler van die Haaie op binnesenter sowel as heelagter ingespan kan word. Die Bokke speel aanstaande Sondag teen Skotland, en berei tans op die eiland Jersey voor.

 
 
 

Comments


bottom of page