top of page

RUGBY: Herschel Jantjies sluit kontrak met klub in Frankryk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 26, 2024
  • 1 min read

Die Springbokskrumskakel, Herschel Jantjies, gaan volgende seisoen na Frankryk verhuis. Die 28-jarige verlaat die Stormers en gaan hom by Bayonne aansluit om in Frankryk se Top 14 te speel. Bayonne het bevestig dat Jantjies ‘n twee jaar kontrak by hulle gesluit het. Jantjies speel sedert 2016 vir die WP en Stormers, en het Augustus verlede jaar laas vir die Springbokke uitgedraf.

 
 
 

Comments


bottom of page