top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Kleyn ingetrek by Bok Groep

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 8, 2024
1 min read

Die Springbok-slot Jean Kleyn sal Vrydag by die Bok-groep aansluit voor hulle jaareindtoer toetswedstryd teen Skotland. Dit kom na Ruan Nortje van die groep onttrek het weens 'n besering. Nortje het Woensdag gedurende ‘n oefensessie sy been beseer en sal nie beskikbaar wees vir een van die Springbokke se drie wedstryde op toer nie. Volgens die afrigter Rassie Erasmus maak Nortje se besering die deur oop vir Kleyn om vir die eerste keer diè seisoen by die groep aan te sluit. Erasmus het verder gesê dat hulle opgewonde is om hom terug te verwelkom na uitstekende vertonings in die Verenigde Rugbykampioenskap vir Munster.

 
 
 

Comments


bottom of page