RUGBY: Kolisi na nommer agt geskuif vir Haaie-kragmeting teen Munster
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 25, 2024
- 1 min read
Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, sal Saterdag op nommer agt vir die Haaie speel in hul Verenigde Rugbykampioenskap- kragmeting teen Munster. Die Haaie se afrigter, John Plumtree, het Kolisi van nommer ses na nommer agt verander, terwyl Vincent Tshituka na nommer sewe skuif. Die Springbokslot Eben Etzebeth sal weer die Haaie as hul kaptein aanvoer in die Haaitenk, wat om 16:00 afskop. In die ander kragmetings van die naweek pak die Stormers die Glasgow Warriors in die Danie Craven Stadion in Stellenbosch om 13:45, terwyl die Leeus en Leinster in die Aviva Stadion ontmoet 18:15 (SA tyd). Die Bulle en Benetton sal mekaar later vanaand om 20:35 in Treviso die stryd aansê.






Comments