top of page

RUGBY: Kwagga Smith beskryf 50ste Bok verskyning as ‘n droom

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 12, 2024
  • 1 min read

Die Springbok losvoorspeler en voormalige Blitsbok, Kwagga Smith, het sy mylpaal van 50 toetse as ‘n droom beskryf . Die 31-jarige het in 2016 die skuif gemaak na vyftiensrugby, waar hy deel was van Johann Ackermann en Swys de Bruin se Leeus span wat drie agtereenvolgende Super Rugby eindstryde gehaal het. By die Blitzbokke het hy, onder meer, ‘n goue medalje by die Statebond-spele gewen en brons by die Olimpiese spele. As Springbok spog hy nou met twee Wêreldbeker titels, twee Rugby Kampioenskap titels en ‘n wen oor die Britse en Ierse Leeus. Volgens Smith, is hy net dankbaar hy ‘n bydrae tot die Springbokgroep kan maak. LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page