top of page

RUGBY: Louw vervang vir Nche in Bok span

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 21, 2024
  • 1 min read

Die Springbokstut, Ox Nche is onttrek aan die Springbok span wat die naweek teen Wallis te staan kom in Cardiff. Daar was Woensdag berig dat die afrigters oorweeg om hom nie te speel nie, weens ‘n sny net bo sy regterknie wat hy opgedoen het gedurende verlede naweek se 29-20 oorwinning oor Engeland. Wilco Louw vervang vir Nche in die beginspan en sal op vaskop-stut begin, terwyl Thomas du Toit skuif na loskop-stut. Die Bokke kuier Saterdagaand by die Drake by die Principality-stadion, en hulle sal om 20-voor-agt afskop.

 
 
 

Comments


bottom of page