top of page

RUGBY: Mapimpi word geskors vir 5 wedstryde, Bulls staar skorsing in die gesig en Leeus sukkel met beserings

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 23
  • 1 min read

Die Springbok- en Sharks-vleuelspeler, Makazole Mapimpi, is ‘n skorsing van vyf wedstryde opgelê vir ‘n gevaarlike duikslag in die VRK-nederlaag teen Ulster.


Die skorsing beteken dat hy Saterdag se kragmeting met die Scarlets en die Bokke se November-toer sal misloop.


Sy afwesigheid beteken dat die Sharks hul agterlyn moet herskommel, met Edwill van der Merwe en Jordan Hendrikse wat waarskynlik rolle sal ruil.


Die Bulle wag intussen op amptelike bevestiging van die VRK oor berigte dat die stut, Jan-Hendrik Wessels, ‘n skorsing van nege weke opgelê is, ten spyte van geen videobewyse nie.


Die Leeus-kamp het n groot terugslag beleef met skrumskakel, Morne van den Berg en flank JC Pretorius, wat vir die volgende paar maande weens ‘n besering op die kantlyn is.


Van den Berg, wat ‘n dyspierbesering het, het die Scarlets-wedstryd misgeloop en sal nie voor sy Springbok-toerbetrokkenheid gewaag word nie, terwyl Pretorius sowat vier maande van die veld af is nadat hy sy knie weer beseer het.


Makazole Mapimpi. FOTO: SA Rugby
Makazole Mapimpi. FOTO: SA Rugby

Comments


bottom of page