RUGBY: Mostert se rooi kaart word geherklassifiseer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 19, 2025
- 1 min read
Springbok-slot Franco Mostert se rooi kaart is deur ’n onafhanklike tugkomitee tot 'n geel kaart geherklassifiseer.
Volgens die tugkomitee was die aanvanklike botsing met die skouer, en enige kopkontak was “waarskynlik of minimaal.”
Dit beteken dat Mostert nou weer beskikbaar is vir die kragmeting teen Ierland.
'n Amptelike nuusverklaring hieroor moet nog deur die Quilter Nations Series uitgereik word.







Comments