top of page

RUGBY: Ox Nche kan moontlik van Bok span ontrek word vir stryd teen Wallis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 21, 2024
  • 1 min read

Die Springbok-stut Ox Nche, kan moontlik die komende naweek se toetswedstryd teen Wallis misloop. Nche is wel in die beginspan benoem wat Saterdagaand teen die Drake in Cardiff speel ondanks ‘n besering wat hy opgedoen het in die Bokke se 29-20 wen oor Engeland die afgelope naweek. Die 29-jarige is in die 32ste  minuut van daardie wedstryd onttrek weens ‘n sny net bo sy regterknie. Daar is kommer oor die wond en hoe dit sy vermoë om te skrum sal beïnvloed maar ‘n besluit oor sy deelname in die wedstryd sal gemaak word na ‘n volle skrum sessie.

 
 
 

Comments


bottom of page