top of page

RUGBY: Robbie Henshaw terug in Leinster groep

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 22, 2024
  • 1 min read

Die Ierse Verenigde Rugby Kampioenskapspan, Leinster het ‘n groot aanwins in die terugkeer van Robbie Henshaw gekry. Leinster se hoofafrigter Leo Cullen verwelkom vir Henshaw terug na hy in Julie ‘n besering opgedoen het in Ierland se 24-25 oorwinning oor die Springbokke in Durban. Henshaw sal beskikbaar wees vir Leinster se kragmeting die naweek teen die Leeus op die Aviva-stadion. Die Leeus en Leinster is die enigste twee onoorwonne spanne in die Verenigde Rugby Kampioenskap, en hulle skop Saterdag om kwart oor ses af.

 
 
 

Comments


bottom of page