top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Springbok groep aangekondig vir jaareindtoer na Noordelike Halfrond

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 23, 2024
1 min read

Die Springbok afrigter Rassie Erasmus het sy groep aangekondig vir hulle jaareindtoer met vier Rugby Wêreldbeker wenners wat terugkeer van beserings. Damian Willemse, Andre Esterhuizen, RG Snyman en Franco Mostert is in die groep van 34 spelers wat volgende maand na die Noordelike Halfrond gaan reis. Willemse keer terug van ‘n vinger besering, Snyman van ‘n voet besering, Mostert van ‘n gebreekte been en Ezterhuizen van ‘n skouer besering. Die Bokke se toer skop op 10 November af met ‘n kragmeting teen Skotland in Edinburgh waarna hulle na Londen sal reis vir ‘n ontmoeting teen Engeland en dan die toer afsluit met ‘n toets teen Wallis in Cardiff op 23 November.

 
 
 

Comments


bottom of page