top of page

RUGBY: Stormers en Haaie kry pakslae / Bulle en Leeus bly aan die wenkant in VRK-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 14, 2024
  • 1 min read

Suid-Afrika se vier spanne het gemengde welslae die afgelope naweek in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks behaal. Die Bulle het Ospreys met 29 – 19 in Swansea geklop terwyl die Leeus die Dragons se vlam geblus het met  ’n naelskraapse sege van 23 – 19 in Newport. Die Stormers het na verlede week se spogvertoning teen Zebre hierdiè keer hulself gepootjie en met 7 – 38 teen Edinburgh die onderspit gedelf terwyl die Haaie op die spreekwoordelike piesangskil gegly het en met 10 – 38 teen Benetton vasgeval het.

 
 
 

Comments


bottom of page