top of page

RUGBY: Stormers flank Deon Fourie kritiseer Leinster se sportmangees

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 29
  • 1 min read

Die Stormers-flank Deon Fourie het Leinster se sportmangees gekritiseer nadat die Kaapse francise die afgelope naweek in Dublin met 36-12 teen die Ierse span vasgeval het. Volgens Fourie kon die voorspelers nie hoor of reageer op hulle tekens in lynstane nie weens die feit dat die tuisspan se agttal onophoudelik gegil het op die veld. Fourie het verder gesê daar is ‘n punt waar sportmangees moet seëvier terwyl die oud-Springbok Victor Matfield ook op Instagram  gesê dat hy nog altyd gevoel het sulke aksies is teen die gees van rugby.

 
 
 

Comments


bottom of page