top of page

RUGBY: Stormers nou op 10/10 in die VRK

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 5
  • 1 min read

Die Stormers het die Bulls met 13–8 in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd in ’n stampvol DHL-stadion geklop, met die tuisspan wat beter munt geslaan het uit ’n geel kaart en laat met Ntuthuko Mchunu se drie die sege verseël het.


Op Kingspark het die Lions hulself bewys as vegters toe hulle die Sharks met 23–22 geskok het, met plaasvervanger Haashim Pead wat in die tagtigste minuut deur twee verdedigers gebars het vir die wenaksie.


Die Sharks het hulself in die voet geskiet met swak dissipline, voorspelbare spel en gemiste kanse op die vleuels, terwyl Bulls-afrigter, Johan Ackermann, ondanks ’n sesde agtereenvolgende nederlaag, volhou dat sy span karakter wys.


URC. FOTO: SA Rugby
URC. FOTO: SA Rugby

Comments


bottom of page