RUGBY: Stormers verloor Hartzenberg en Roos voor Leinster kragmeting
- Armando Pieters

- Jan 20
- 1 min read
Die Stormers gaan die naweek sonder Evan Roos en Suleiman Hartzenberg wees vir ‘n belangrike wegwedstryd in die Verenigde Rugby Kampioenskap. Beide spelers het beserings opgedoen in hulle Kampioenebeker-stryd teen Racing 92 in Parys die afgelope naweek. Volgens Netwerk24 het Hartzenberg vermoedelik sy hand gebreek, terwyl Roos ‘n harde hou teen die wang gekry het. Beide spelers gaan vir skanderings gaan om die erns van hul beserings te bepaal, maar dit is onwaarskynlik dat hulle die naweek in aksie sal wees. Die Stormers kuier Saterdag by ‘n onoorwonne Leinster span.





Comments