RUGBY: SWD Rugbyunie het die ASG-transaksie teengestaan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 4, 2024
- 1 min read
Die president van die SWD Rugbyunie het bevestig dat die unie se bestuur eenparig besluit het om nie ten gunste van die ASG-transaksie te stem nie. ASG sal ‘n belang van 20 persent in die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se kommersiële belange kry in ruil vir ‘n lening van 75 miljoen dollar. Tien van Suid-Afrika se 13 provinsiale unies met stemreg moet Vrydag hul stem ten gunste van die ooreenkoms uitbring om dit deur te kry.






Comments