top of page

RUGBY: Vodacom Bulls kry Kersfees-pouse

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 16, 2025
  • 1 min read

Die Vodacom Bulle het bevestig dat hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting met die DHL Stormers nou in Maart sal plaasvind, in plaas van gedurende die feestyd.


Die wedstryd was oorspronklik geskeduleer vir 27 Desember by Loftus Versfeld, maar met baie ondersteuners wat weg gaan wees oor Kerstyd, het die span ‘n later datum verkies.


Die Bulle het lank reeds hul teenkanting teen feestelike wedstryde uitgespreek en verkies Maart wanneer die Sesnasies-pouse ruimte skep in die VRK-kalender.


Die verandering gee die Bulle ‘n Kersfeespouse ná hul wedstryd teen die Sharks op 19 Desember.


Vodacom Bulls. FOTO: Vodacom Bulls
Vodacom Bulls. FOTO: Vodacom Bulls

Comments


bottom of page