top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Volpunte vir Leeus, Haaie en Stormers

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 21, 2024
1 min read

Drie van die Suid-Afrikaanse spanne het die afgelope naweek volpunte in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks behaal. Die Leeus het in swak weertoestande Zebre met 10 – 9 geklop, die Haaie het die Glasgow Warriors met 28 – 24 uitoorlê terwyl die Stormers met 34 – 19 oor Munster geseëvier het. Die Bulle was egter die enigste verloorder die naweek nadat die Pretorianers met 22 – 23 teen die Scarlets die onderspit moes delf. Albei spanne het drie keer gaan druk maar ’n ekstra strafskop aan die Drake het hulle 'n waardevolle tuisveld oorwinning verseker.

 
 
 

Comments


bottom of page