RUGBY: Wallabies pak All Blacks sonder Koroibete
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 27, 2024
- 1 min read
Die Wallabies sal sonder ‘n belangrike lid van hul agterlyn die All Blacks aanvat in hul laaste wedstryd van die Rugby Kampioenskap. Dit is bevestig dat die bul-vleuel Marika Koroibete nie beskikbaar is vir die Australiërs nie. Die tweemalige Australiese Speler van die Jaar het ‘n polsgewrig besering opgedoen in die Wallabies en All Blacks se laaste kragmeting in Sydney verlede naweek. Die Wallabies se teleurstellende Rugby Kampioenskap veldtog waar hulle slegs een keer aan die wenkant was bereik Saterdagoggend om 09:05 (SA Tyd) sy einde in Wellington. *Die Bokke is teen die Los Pumas in aksie waar ’n oorwinning oor die Argentiniërs die Rugbykampioenskaps-titel vir Suid-Afrika sal verseker. Die afskoptyd is 17:00 in Mbombela en word regstreeks op SuperSport uitgesaai.






Comments