top of page

RUGBY: Wallaby senter Samu Kerevi se jaareindtoer is verby na skorsing

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 21, 2024
  • 1 min read

Die Wallaby senter Samu Kerevi gaan geen verdere deelname hê aan sy span se jaareindtoer nie.

Kerevi is met ‘n geel kaart van die veld afgestuur in hulle 52-20 wen oor Wallis die afgelope naweek vir ‘n gevaarlike duikslag op Wallis se Jac Morgan waar die geel kaart later opgradeer is na rooi.

Kerevi het Dinsdagaand voor ‘n onafhanklike tugkomitee verskyn en daar is beslis dat hy ‘n drie week skorsing sal ontvang.

 
 
 

Comments


bottom of page