top of page

RUGBY: Wallis kan die jaar afsluit sonder ‘n enkele wen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 22, 2024
  • 1 min read

Wallis se nasionale rugbyspan kan vir ‘n eerste keer in byna 90 jaar ‘n jaar sonder ‘n oorwinning afsluit. Dit was ‘n seisoen om te vergeet vir Warren Gatland se Drake, wat ‘n rekord 11 agtereenvolgende wedstryde verloor het, die meeste in Wallis se geskiedenis. Hulle taak om ‘n wen te vind is op sy moeilikste die naweek, met Rassie Erasmus se Springbokke wat in Cardiff kuier. ‘n Nederlaag sal sien dat hulle ‘n jaar wenloos afsluit vir die eerste keer sedert 1937. Daar is sprake dat Gatland afgedank sal word, maar luidens berigte in Nieu-Seeland, sal dit Wallis meer as twee-miljoen doller kos.  

 
 
 

Comments


bottom of page