top of page

SA verdedig vlootoefeninge

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Suid-Afrika se vlootoefening saam met Iran, Rusland en China het begin, en word beskryf as nie net bloot ‘n magsvertoning nie, maar ‘n noodsaaklike reaksie op stygende maritieme spanning.


Die weeklange oefeninge kom net dae nadat die Verenigde State op ‘n Russiese-vlag-olietenkskip in die Noord-Atlantiese Oseaan beslag gelê het.


Volgens die VSA was dit in stryd met Westerse sanksies en het dit ru-olie vervoer wat oppad was na Venezuela, Rusland en Iran.


Suid-Afrika se gesamentlike taakmagbevelvoerder sê die oefeninge is meer ‘n militêre oefening en ‘n verklaring van voorneme onder die Brics-groep van opkomende nasies, dit is ‘n demonstrasie van hul kollektiewe vasberadenheid om saam te werk.


FOTO: Times of India
FOTO: Times of India


Comments


bottom of page