SA verdedig vlootoefeninge
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 11
- 1 min read
Updated: Jan 12
Suid-Afrika se vlootoefening saam met Iran, Rusland en China het begin en word beskryf as nie net bloot ‘n magsvertoning nie maar ‘n noodsaaklike reaksie op stygende maritieme spanning.
Die weeklange oefeninge kom net dae nadat die Verenigde State van Amerika op ‘n Russiese-vlag-olietenkskip in die Noord-Atlantiese Oseaan beslag gelê het.
Volgens die VSA was dit in stryd met Westerse sanksies en het dit ru-olie wat oppad was na Venezuela, Rusland en Iran vervoer.
Suid-Afrika se gesamentlike taakmagbevelvoerder sê die oefeninge is meer ‘n militêre oefening en ‘n verklaring van voorneme onder die Brics-groep van opkomende nasies. Dit is glo ‘n demonstrasie van hul kollektiewe vasberadenheid om saam te werk.







Comments