Sace begin ondersoek om onderwysers se geestesgesondheid te bepaal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 1
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwys (Sace) het ‘n ondersoek van stapel gestuur om die geestesgesondheid van onderwysers te bepaal te midde van klagtes van swaar onderwyswerklas, emosionele moegheid en uitbranding.
Dit volg op die Universiteit Stellenbosch se onlangse studie wat bevind het dat 50 persent van onderwysers aangedui het dat hulle die beroep binne die volgende 10 jaar wil verlaat weens oormatige werklas.
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ook kommer uitgespreek oor die swaar administratiewe werklas van onderwysers.
Sace herhaal dat die sektor die sielkundige en emosionele tol van onderwysers vir veels te lank oor die hoof gesien het.






Comments