top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sanral rol hul tik-en-gaan-funksie uit

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 2, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap  (Sanral) het aangekondig dat tolhekke nie meer magnetiese kaarte vir betaling aanvaar nie.


Die verandering het reeds Maandag in werking getree toe hulle hul nuwe tik-en-gaan-funksie uit gerol het.


Dit sal padgebruikers toelaat om tolgelde met hul bankkaart of mobiele toestel te betaal deur vinnige en veilige kontaklose tegnologie te gebruik.


Die oorgang is deel van Sanral se pogings om te voldoen aan toekomstige bankregulasies wat die uitfasering van magnetiese strookbetalings vereis.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page