top of page

Ses Bokke vereer na uitstaande seisoen

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 26
  • 1 min read

SA Rugby se president, Mark Alexander, het Malcolm Marx gelukgewens met die kroon as Wêreldrugby se Mans 15-speler van die jaar.


Alexander het ook mede-Springbokke, Pieter-Steph du Toit, Ox Nche, Thomas du Toit, Sacha Feinberg-Mngomezulu en Cheslin Kolbe, geprys nadat al ses in die 2025 Droomspan aangewys is.


Hy het die Bokke se indrukwekkende vorm uitgelig, wat die behoud van die Rugbykampioenskap, die Vryheidsbeker en die Nelson Mandela Chalenger Plate insluit.


Alexander het Rassie Erasmus en sy afrigtingspan toegejuig vir die bevordering van ‘n sterk kollektiewe kultuur en die Springbokke sterkte toegewens terwyl hulle ‘n onoorwonne November-toer najaag.


FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page