SEWES RUGBY: Die Blitsbokke is dalk sonder Selvyn en Ryan tydens die Kaapstad-sewes
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Updated: 5 days ago
Met Selvyn Davids en Ryan Oosthuizen wat nie die afgelope Dubai-sewestoernooi voltooi het nie, sal die Blitsbokke se afrigters duim vashou dat hulle slaggereed sal wees vir die skouspel in Kaapstad.
Netwerk24 Sport berig die kwiksilwer Davids, ’n spelskepper, het las van sy lies, met Oosthuzen, ’n voorspeler, wat weens siekte nie Sondagg espeel het nie.
Die aksie in die SVNS-reeks verskuif nou na die DHL-stadion in die Moederstad, met die toernooi daar wat komende Saterdag en Sondag beslis word.
Die Blitsbokke sal hoop om hulle titel suksesvol in Kaapstad te verdedig. Verlede seisoen het hulle Frankryk in die eindstryd daar geklop en sodoende slegs die tweede keer die toernooi in die Moederstad gewen.






Comments