Skoonmaakwerk by die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg duur voort

Bloemfonteiners wat steeds verkleurde water uit hul krane kry, word aangeraai om kraanwater wat hulle wil gebruik minstens een minuut lank sterk te kook.
Volgens ’n kennisgewing wat deur die Mangaung Metro gedeel is, is sowat 60% van die skoonmaakwerk by die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg voltooi.
Die werk is daarop gemik om die water se verkleuring aan te spreek en die aanleg se werking te verbeter. Die metro sê skoonmaakwerk en monitering van die watergehalte duur voort.
Sigbaar verkleurde water moet nie vir drinkwater of kosbereiding gebruik word totdat die verkleuring opgeklaar het nie. Gekookte water moet eers afkoel, in ’n skoon, toe houer gebêre en binne 24 uur gebruik word.
Die metro versoek Bloemfonteiners om water spaarsamig te gebruik terwyl die herstelwerk voortduur.









Comments