top of page

SOKKER: Amorim geniet eerste wen by Old Trafford

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 29, 2024
  • 1 min read

Die nuwe afrigter van Manchester United, Ruben Amorim, het gisteraand sy eerste oorwinning geniet by Old Trafford. United het gisteraand gasheer gespeel vir Bodo-Glimpt in hulle UEFA Europaliga kragmeting en kon ondanks senuwee tergende oomblikke, ‘n 3-2 oorwinning verdien. Man United lê nou in die 12de plek op die punteleer, ná hulle gisteraand hulle tweede oorwinning verdien het na vyf wedstryde, maar is een van sewe klubs wat nog onoorwonne is in die toernooi. Fokus vir Amorim verskuif nou na die Engelse Premierliga, waar hulle Sondag sal gasheer speel vir Everton.

 
 
 

Comments


bottom of page