SOKKER: Arsenal, Liverpool vorder na Liga-beker halfeindrondtes
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 19, 2024
- 1 min read
Die Engelse Premierliga klubs, Liverpool en Arsenal, kon vorder na die halfeindrondes van die Ligabeker toernooi na naelskraap oorwinnings Woensdagaand. Liverpool het by die St. Mary’s-stadion teen Southampton gespeel, en het met 2-1 geseëvier. Arsenal het intussen gasheer gespeel vir Crystal Palace, en kon ‘n 1-0 agterstand omkeer om uiteindelik met 3-2 te wen. Al drie doele kom van Gabriel Jesus, en dit neem sy totaal doele vir hierdie jaar na vyf. Newcastle United kon ook vorder na die halfeindrondes, ná hulle vir Brentford met 3-1 kon afsien. Daar is nog een wedstryd wat beslis moet word, en dit sal sien dat Man United by Tottenham gaan kuier vanaand om tienuur.






Comments