top of page

SOKKER: Bafana Bafana kwalifiseer vir 2026 FIFA Wêrekdbeker

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 15, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika het Rwanda met ‘n 3-0 oorwinning by Mbombela-stadion geklop om Groep C te lei en te kwalifiseer vir die 2026 FIFA Wêreldbeker in Kanada, Mexiko en die VSA.


Oswin Appollis het goed vertoon en Thalente Mbatha se openingsdoel opgestel voordat hy self een aangeteken het en later ‘n opstel vir Evidence Makgopa se kopdoel vir die derde doel verskaf het.


Hugo Broos se manne was van begin tot einde in beheer en sal nou hul aandag op vriendskaplike wedstryde vestig, as voorbereiding vir Desember se 2025 Afrikabeker van Nasies in Marokko.


Broos het die oorwinning as ‘n spesiale oomblik vir sy hele span beskryf.



Bafana Bafana. FOTO: Daily Maverick
Bafana Bafana. FOTO: Daily Maverick

Comments


bottom of page