SOKKER: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het die 19-jarige verdediger, Mbekezeli Mbokazi, geprys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 10, 2025
- 1 min read
Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het die 19-jarige verdediger, Mbekezeli Mbokazi, geprys en gesê, sy volwassenheid en vertonings wys dat hy gereed is vir Europese sokker.
Mbokazi het in slegs sy derde internasionale verskyning geskitter, en die speler van die wedstryd in die 1-1 gelykopuitslag teen Nigerië in Bloemfontein verwerf.
Broos glo dat ‘n skuif na die buiteland beide die speler en Suid-Afrikaanse sokker sal bevoordeel.






Comments