top of page

SOKKER: Bafana en Kongo speel gelykop

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 16, 2024
  • 1 min read

Bafana Bafana gaan moet wag tot November om moontlik ‘n plek in volgende jaar se Afrikanasies-toernooi vas te maak. Dit kom ná hulle gisteraand in Brazzaville met 1-elk gelykop gespeel het teen die Kongo. Die Kongo is dus steeds in bereik van Bafana in Groep K, met die Suid-Afrikaners op agt punte en die Kongo op vier met twee wedstryde wat nog beslis moet word. Bafana sal op 11 en 19 November teen Uganda en Suid-Soedan te staan kom, en sal een van die twee wedstryde moet wen om te vorder na volgende jaar se Afrika sokker-skouspel.

 
 
 

Comments


bottom of page