top of page

SOKKER: Bafana kan plek in Afrikanasies-toernooi vasmaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 15, 2024
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse manssokkerspan kan later Dinsdag hulle plek in volgende jaar se Afrikabeker sokkertoernooi in Marokko vasmaak. Bafana Bafana kom teen die Kongo te staan in Brazzaville in ‘n belangrike kwalifiseringswedstryd vir die Afrikabeker-toernooi. ‘n Oorwinning en drie punte sal die Suid-Afrikaners se puntetelling in Groep K neem na 10, en hulle buite bereik sit van die Kongo en Suid-Soedan. Bafana en die Kongo se wedstryd skop om sesuur af.

 
 
 

Comments


bottom of page