top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Bafana speel moontlik binnekort in Kaap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 18, 2024
1 min read

Die Suid-Afrikaanse manssokkerspan kan moontlik vit die eerste keer in nege jaar ‘n Wedstryd in Kaapstad speel. Bafana Bafana se volgende tuiswedstryd is op 19 November, waar hulle teen Uganda te staan sal kom in hulle kwalifisering wedstryd vir ‘n plek in volgende jaar se Afrikanasies-toernooi. Volgens die vise-president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Bennett Bailey, wag hulle nou nog net op bevestiging van die Kaapstad-metroraad. Bafana se laaste wedstryd by die DHL-stadion was in 2015, waar hulle vir Angola met 2-1 verslaan het.

 
 
 

Comments


bottom of page