top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Banyana gereed vir Denemarke in hul Europese blitstoer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 25, 2024
1 min read

Die Suid-Afrikaanse vrouespan, Banyana Banyana, is oorgehaal om Denemarke Vrydagaand in Aalborg te pak, alhoewel van sy topspelers eers vir volgende week se stryd teen Engeland beskikbaar sal wees. Volgens Desiree Ellis – die span se hoofafrigter – sal hulle ondanks dié terugslag fokus op die wedstryd wat nou op hande is teen een van die wêreld se topspanne. Banyana is tans die Afrikabeker-kampioen nadat hulle Marokko in 2022 geklop het, en hulle sal in die kragmeting teen die Red and White  wil wys dat hulle nie sommer maklik van die silwerware gaan afstand doen nie. Die wedstryd skop om 18:00 af. *Banyana Banyana se naasbestes sal ook later vanmiddag teen Eswatini in Gqeberha in ’n Cosafabeker-wedstryd uitstap, wat om 15:00 begin.

 
 
 

Comments


bottom of page