top of page

SOKKER: Benni McCarthy bevraagteken passie by Man United

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 3, 2024
  • 1 min read

Die voormalige hulpafrigter van Manchester United, Benni McCarthy, het die passie van die huidige afrigter, Erik ten Hag, bevraagteken. McCarthy het twee jaar spandeer by Old Trafford voor sy kontrak voor die huidige seisoen tot ‘n einde gekom het. Volgens die voormalige Bafana Bafana ster is Ten Hag die beste van die beste wanneer dit kom by taktiese spel kom, maar is nie passievol genoeg nie. McCarthy het verder gesê dat daar spelers by die klub is wat nie hulle alles gee tydens oefensessies nie en dit wys in hulle vertonings in wedstryde. United kom vanaand teen Porto te staan in die UEFA Europaliga.

 
 
 

Comments


bottom of page