top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Bloemfontein word beloon met eindstryd van Carlingbeker-uitklopreeks

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 6, 2024
1 min read

Sokker-ondersteuners van Bloemfontein is beloon met die eindstryd van die Carlingbeker-uitklopreeks weens goeie bywoningsyfers onlangs in die Rosestad. Duisende ondersteuners het op die Toyota-stadion toegesak toe Bafana Bafana en Zimbawe kragte gemeet het vir ’n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd. Verlede maand was daar ook ’n groot skare wat hul opwagting gemaak het vir die Cufabeker-wedstryd tussen die Vrystaatse span Marumo Gallants en Kaizer Chiefs. Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (SAFA) sal op ’n latere stadium die datum en afskoptyd vir die eindstryd van die Carlingbeker-uitklopreeks bekend maak.

 
 
 

Comments


bottom of page