top of page

SOKKER: Broos sê dit sal nie ‘n skande wees as Bafana nie vir AFCON kwalifiseer nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 13, 2024
  • 1 min read

Die afrigter van Suid-Afrika se manssokkerspan, Hugo Broos, sê dit sal skandelik wees as sy span nie kwalifiseer vir die Afrikanasies-beker nie. Die Bafana Bafana groep is tans besig met ‘n oefenkamp in Dobsonville, waar hulle voorberei vir hul laaste twee kwalifisering stryde vir die toernooi. Bafana kom Vrydag teen Uganda te staan in Kampala, en sal dan na Kaapstad reis vir hul laaste stryd teen Suid-Soedan. ‘n Oorwinning in een van die laaste twee wedstryde sal sien dat hulle hul plek vasmaak in die Afrika sokker skouspel in Marokko. Volgens Broos is sy span tans die huidige bronsmedalje-wenners in Afrika en dit sal ‘n skande wees indien hul nie die paal haal nie.

 
 
 

Comments


bottom of page