SOKKER: Cape Town Spurs moet staat maak op ouers, agente en borge na finansiële ommeswaai
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 21, 2025
- 1 min read
Die uitvoerende hoof van Cape Town Spurs, Alexi Efstathiou, het bevestig dat ouers, agente en borge nou sal moet help om die klub se 30 jaar oue akademie te finansier.
Hy het verduidelik dat die akademie, met ‘n bedryfskoste van ongeveer 80 duisend rand per maand steeds sal funksioneer, maar eksterne ondersteuning benodig om sy standaarde te handhaaf.
Die verandering volg op ‘n onstuimige tydperk vir Spurs, wat hul professionele status en verskeie spelers aan gratis oordragte verloor het, na geskille by die PSL- en SAFA-arbitrasie.
Efstathiou het gesê die verskuiwing sal benadeelde jongmense die hardste tref en het die afwesigheid van ‘n behoorlike opleidingsvergoedingstelsel gekritiseer, wat hy glo belegging in jeugsokker ontmoedig.







Comments