top of page

SOKKER: Chelsea verdien eerste wen in EPL sedert 15 Desember

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 21
  • 1 min read

Chelsea is weer onder die top vier op die Engelse Premierliga punteleer ná hulle gisteraand ‘n einde gebring het aan ‘n reeks van vyf segelose wedstryde. Die Blues het Maandagaand gasheer gespeel vir Wolverhampton, en na sake 1-elk gelyk was na die eerste 45minute, kon Chelsea twee doele by hul telling voeg in die tweede helfte om met 3-1 te seëvier. Dit is Chelsea se eerste oorwinning in die Engelse Premierliga sedert 15 Desember en het sedertdien vasgeval teen Fulham en Ipswich Town, terwyl hulle gelykop gespeel het met Everton, Crystal Palace en Bournemouth. Hulle is vierde op die punteleer met 40 punte, 10 punte agter voorlopers Liverpool.

 
 
 

Comments


bottom of page