top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Chelsea verdien groot oorwinning

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 8, 2024
1 min read

Die Engelse Premierliga-klub, Chelsea, het hulle klas gewys in hulle UEFA Konferensie-liga stryd teen Noah. Chelsea het Donderdagaand gasheer gespeel vir die Armeniese span op Stamford Bridge en hulle ordentlik pakslae gegee. Vir Chelsea het Tosin Adarabioyo, Marc Guiu, Axel Disasi, Joao Felix, Mykhailo Mudryk en Christopher Nkunku almal die agterkant van die doel gevind op pad na ‘n massiewe 8-0 oorwinning. Dit was die grootste oorwinning in die toernooi se geskiedenis.

 
 
 

Comments


bottom of page