SOKKER: Die Premierliga het die naweek groot aksie opgelewer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 27
- 1 min read
Die Premierliga het die naweek groot aksie opgelewer.
Sunderland het vir ’n groot skok gesorg toe hulle Chelsea met 2–1 op Stamford Bridge geklop het.
Manchester United het weer hul aanspraak op die topvier versterk met ’n indrukwekkende 4–2-sege oor Brighton, terwyl Brentford Liverpool met 3–2 geklop het.
Sondag het Arsenal hul wenreeks voortgesit met ’n noue 1–0-oorwinning oor Crystal Palace om hul plek bo-aan die tabel te behou.
Aston Villa het egter vir ’n groot opskudding gesorg deur Manchester City met 1–0 te verras, wat die titelren weer oopgooi.
Tottenham Hotspur het hul goeie vorm beklemtoon met ’n oortuigende 3–0-sege teen Everton, terwyl Burnley met 3–2 teen Wolves gewen het.






Comments