top of page

SOKKER: Fernandes mik vir Europa-liga-glorie in Mei

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 25, 2025
  • 1 min read

Manchester United-kaptein Bruno Fernandes sê die klub se ondersteuners moet nie hul verwagtinge verlaag nie, al sukkel die Red Devils hierdie seisoen, veral op hul tuisveld, Old Trafford. Volgens Fernandes moet Manchester United elke wedstryd wen. News24 berig hy sê hulle ondersteuners moet nooit gewoond raak aan verloor nie. Hulle is 'n groot klub en moet altyd wen. Op 23 Januarie 2025 het Fernandes sy span gered met 'n wen-doel in beseringstyd om Rangers met 2 -1 te klop. Dit bring hulle nader aan regstreekse kwalifikasie vir die Europa-liga se laaste 16. United het nog net een punt nodig teen FCSB volgende week om 'n top-agt-posisie te verseker. Fernandes sê hy hoop ook om die Europa-liga-trofee in Mei te wen.

 
 
 

Comments


bottom of page