top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SOKKER: Legendariese Diego Forlan verruil sokkerstewels vir tennis raket

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2024
1 min read

Manchester United en Atletico Madrid se legendariese doelskieter Diego Forlan het op 45-jarige ouderdom sy sokkerstewels vir ’n tennisraket verruil. Die Uruguaanse superster was by die bekendstelling van die Uruguay-Ope waar hy volgende week sy buiging op die baan gaan maak. Forlan sal saam met Federico Coria - broer van die Argentynse Davisbeker-kaptein Guillermo Coria - in aksie wees waar diè toernooi tussen 11 – 17 November in Montevideo beslis sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page